Die liedjie hieronder is die nuutste. Dis die eerste een wat ek geskryf het in Afrikaans; dit was vir my moeilik om woorde te kry wat pas by wat ek wou sê. Ek het eers in Engels begin skryf, maar ek dink die eenvoud van die liedjie pas by dié taal wat gedagtes kan verminder tot hulle rouste vorm.
Ek het weer idees gesteel vir hierdie liedjie - in Lukas 14 (ek dink) vertel Lukas van 'n trippie wat Jesus na sy tuisdorp gemaak het. Hy het in die sinagoge begin onderrig, en toe verwys na 'n profesie wat vroeër gemaak is: dat Hy sal kom om gevangenes vry te laat; blindes te laat sien; mense met hartseer te troos; die armes te versorg. En toe sê Jesus: 'die profesie is sopas in jul teenwoordigheid vervul'.
Ek kan net dink wat het die ou tannies van die dorp gedink wat sy boude afgevee het toe hy 'n laatie was: 'wie dink hierdie snotkop is hy?' Die mense het Hom uit die dorp verjaag.
Sien my raak
Maak heel my gebroke hart
Maak my vry, maak my vry.
En troos my as ek huil
Sorg vir my, sorg vir my.
U het my vrygemaak, die bande verbreek.
Vul my hart met vreugde
Sien my raak, sien my raak.
Stel gerus my vrese
Beskerm my, beskerm my.
Ek het U nodig
Om hierdie bouval af te breek
En die rommel weg te sleep.
Gee my hoop
Om weer te begin
En ‘n nuwe horison te soek.

No comments:
Post a Comment