So 'n paar maande terug het ek op my motorfiets geklim, net na sononder. Dit was een van daai dae wat ek net wou eindig sodat ek met die volgende een kan begin. Die dag was leeg, sonder betekenis, en ek het nie kans gesien vir 'n soortgelyke aand nie.
So, op die motorfiets. Ek ry gewoonlik na Llandudno as ek alleen wil wees, as ek met my ma wil gesels. Ek ontmoet haar by die see. Die aand het ek verby die paadjie gery wat my na Llandudno se rotse sou neem, aan na Sandy Bay, waar Beau (en ander middeljariges) se kaal boude al uitgehang het. Moenie my vra hoekom nie. Miskien het ek gedink ek sal 'n pragtige meisie ontmoet wat al my worries sou uitvee in die koelte van die aand.
Dit was donker. Daar was niemand nie, net die spoke van ou tannies wat op die rotse sit soos dassies. Ek het so bietjie gegril vir die idee dat my hande klou aan dieselfde rotse soos ek afgestap het na die baai.
Ek het vir my 'n klip gekies in die middel. Die bosse was ruig agter my en voor my, die see. Ek het my klere aangehou want dit was koud. Toe maak ek my oe toe.
Op daardie stadium was ek desperaat. Ek het verlate gevoel; alleen; ver van almal wat iets vir my beteken. En ek het ook besef wat 'n moerse cockup my lewe was.
Dit is toe dat ek met God begin praat. Dit is waar hierdie song vandaan kom.
I hope you're there
Verse1
When my days feel like an endless plot to a joke no one really gets
I hope you're there
When I spend my passion on empty things, or do anything to kill the time
I hope you're there
When I stop the lies that hold me up or I betray myself to get the job
I hope you're there
Chorus
I hope you're there when my mask comes off
when my bag of tricks turns into dust
I hope you're there when the darkness numbs my soul.
I hope you're there when the morning comes
when the clouds lift from the mountain
I hope you're there when the sun lights on my face.
Verse2
I want to cry but my tears dry up, emotions flicker on the surface
I hope you're there
The darkness closes in and I curse those close to me
I hope you're there
Bridge
When the demons scream my name at night
and my dreams insist that I take flight
I pray into the silent night
I pray into the silent night
Ending
Take me as I am
This is all I have
No negotiation
No compromise
And do what you want, do what you want with me.
I tried and I broke me.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

2 comments:
ek het die voorreg gehad om hierdie woorde in klanke en melodie te beleef. Ian, dit is mees bevrydenste lied wat ek nog in 'n kerk gehoor het.
Sjoe, dankie vir die woorde Fourie. Met dank vir al die stoepkoffies wat my gehelp het om my stem te kry.
Post a Comment